weg! Namibië Digital Back Issue Cover

weg! Namibië (Digital)

About weg! Namibië

Ons jaarlikse Namibië-gids is al ’n instelling vir liefhebbers van die dorsland! Die akkommodasiegids is vanjaar groter as ooit tevore: meer as 200 plekke van die verste hoek van die Caprivi tot Oranjemund in die suide word gelys. Hierdie jaar se artikels sluit in ’n Namibwoestyn 4×4-toer, ’n opsomming van die beste restaurante in Swakopmund en Walvisbaai, die dinge wat gebeur by die Grootfonteinskou (min of meer enigiets…) en wat om te doen in Windhoek. Daar’s ook reisdagboeke van o.a. ’n groep visvangvriende teen die Skedelkus noord van Henties, twee vriende wat motorfietsry deur die wilde noorde van die land, ’n jong paartjie wat kaalvoet (!) duimgooi van Sossus na Outjo en twee ouer egpare wat Damaraland,Kaokoland en Etosha makmaak op hul eie manier. Ons gee jou ook ’n rugsakpaklys vir die Visriviercanyonstaproete,en ons gesels met van Namibië se kleurvolste karakters, van lodge-eienaars en radiopersoonlikhede tot grafittikunstenaars en duingoggakenners.


The number of issues included in a magazine subscription (frequency) is subject to change without notice. Additional double issues may be published, which count as 2 issues. Applicable sales tax will be added. Offer void in Vermont. Magazine covers are used for illustrative purposes only and you may not receive a copy of the particular issue depicted. Your subscription will include the most recent issue once your subscription begins. Magazine covers are the property of the publisher. This site is not officially affiliated with, associated with, or endorsed by weg! Namibië or the publisher.