Huisgenoot: Carmen Niehaus 100 beste resepte Digital Back Issue Cover

Huisgenoot: Carmen Niehaus 100 beste resepte Magazine (Digital)

About Huisgenoot: Carmen Niehaus 100 beste resepte

Carmen Niehaus se 100 beste resepte Daar is min Suid-Afrikaners wat nie die legendariese Carmen Niehaus ken nie. Twee-en-dertig jaar lank was sy kosredakteur van Huisgenoot en YOU, en later ook van Drum. Nou het sy uit die derduisende resepte wat die afgelope dekades onder haar wakende oog in die tydskrif-toetskombuis berei is, dié gekies wat sy die graagste tuis vir haar gesin en vriende maak – hartskos uit haar eie kombuis. Die bundel is deurspek met herinneringe aan die mense wat deur die jare saam met haar gekook het, lesse uit haar ma se plaaskombuis en raad oor wat alles met gunsteling-bestanddele opgetower kan word. Moet jy gaste onthaal? Braai ’n Karoo-lamsboud. Kom jy moeg tuis ná ’n lang werkdag? Gooi ’n vullende slaai bymekaar. Moet jy groente in die kinders se lyf kry? Hulle sal nie kan nee sê vir sampioenlasagne nie. Wil jy die hordes voer? Maalvleis is jou antwoord! En vir al die suikertande is daar natuurlik meer as genoeg poedings, terte, koeke en ander lekkernye. Moenie dié bêre-uitgawe misloop nie – jy sal keer op keer daarheen wil terugkeer om saam met Carmen jou eie, heerlike kosherinneringe te bou.


The number of issues included in a magazine subscription (frequency) is subject to change without notice. Additional double issues may be published, which count as 2 issues. Applicable sales tax will be added. Offer void in Vermont. Magazine covers are used for illustrative purposes only and you may not receive a copy of the particular issue depicted. Your subscription will include the most recent issue once your subscription begins. Magazine covers are the property of the publisher. This site is not officially affiliated with, associated with, or endorsed by Huisgenoot: Carmen Niehaus 100 beste resepte or the publisher.